For a better experience please change your browser to CHROME, FIREFOX, OPERA or Internet Explorer.

Goedkoop.co.za

Goedkoop.co.za is Suid Afrika se Afrikaanse Goedkoop platform, geskep om die Afrikaans sprekende besigheidseienaars 'n groter voordeel te gee op die internet.

Snaaks genoeg is dit interessant dat 'n klein Afrikaanse besigheid skaars op google gevind kan word. Dis omdat google diskrimineer teen Afrikaans en byvoorbeeld glad nie google advertensies in Afrikaans toelaat nie. Dis natuurlik omdat google nie al die Afrikaanse gesprekke kan monitor en sensor nie, dat hulle almal dwing om in Engels te werk,

Wel ons by Goedkoop.co.za gaan die google monopolie breek. Dit gaan nou makliker as ooit wees om kwaliteit Suid Afrikaanse besighede op die internet te vind. Dink so daaraan: as jy iets gaan soek om te koop dan gaan jy eerste na google toe en van daar na die winkel toe waar jy wil koop. Wel as ons dit net klein bietjie vwysig dan gaan dinge in ons guns werk! In plaas daarvan om na Google toe te gaan, kom eerder eerste na Goedkoop.co.za toe en kyk of jy nie hier gehelp kan word met jou behoeftes nie. Ons nooi alle besigheids eienaars om op die platform te kom: hoe meer ons is hoe beter. En omdat ons 'n baie kleiner getal mense is op die website, gaan mense jou besigheid makliker kan vind! Die beste van alles is dat jy in AFRIKAANS gaan besigheid doen - en dit kan jy altyd doen met soveel meer vertroue! Ons gaan poog om ALLES hier te dek, van jou huis toebehore, tot jou versekering tot jou make-up en lipstick.

Ons gaan ook die publiek en die boere op die platform bymekaar bring om die boere direk met die publiek op te 'link'. Ons boere word uitgebuit deur die monopolie spelers die shoprites, PicknPays en Spar's. Hulle kan baie beter doen deur direk aan die publiek te verkoop en die die publiek kan hulle produkte baie goedkoper kry van die boer af as wat hulle dit in die supermark kry. Hoekom sal ons nou ingevoerde hoenders koop wanneer ons ons eie boere kan ondersteun!!! Nee, van vandag af verander dinge.

Hou Goedkoop.co.za dop en ondersteun ons GROOT ASSEBLIEF sodat ons saam sterker kan word. Vertel jou vriende, adverteer op goedkoop.co.za en begin 'n aanlyn besigheid by ons, deel en like ons op Facebook en doen jou deel om Afrikaans te bou op die internet. As jy idees het en besigheidsvoorstelle, kontak ons gerus.

Groete, die Goedkoop Span.

Hoekom Goedkoop.co.za

Ons bied die platform wat nie bestaan nie. Afrikaanse Kopers wil koop by Afrikaanse besighede. Dis nou moontlik op Goedkoop.co.za

Die Goedkoop beginsel

Goedkoop is begin om alles goedkoper te maak vir die eindgebruiker, deur grootmaat bedingingsmag daar te stel, maar terselfdertyd ook die middelmanne uit te haal en dus die verkopers en besigheidseienaars ook te bevoordeel. Dis 'n wen-wen wat SA nog altyd voor gewag het.

Uiteindelik kan jy gevind word op die internet

Omdat Goedkoop.co.za so populêr is, trek dit outomaties baie voete, en hierdie voete gaan almal by jou winkel verbystap op Goedkoop.co.za. Afrikaners het koopkrag en die koopkrag gaan jou besigheid uiteindelik laat floreer!

0

Total Cars

0

Hose For Sale

0

Active Users

0

Featured Jobs

Deel Goedkoop.co.za met almal
Top