For a better experience please change your browser to CHROME, FIREFOX, OPERA or Internet Explorer.

Grootmaat Afslag

Registreer saam duisende vir GROOTMAAT AFSLAG

Een van ons projekte by Goedkoop.co.za is om ‘n databasis op te bou van slim kopers wat deel wil word van die Grootste afslag bedingings beweging in die Afrikaanssprekende wêreld.

Afrikaners het ‘n sterk koopkrag en ‘n ongekende kollektiewe mag om ongekende ekonomiese effekte teweeg te bring.

Een daarvan is om mense saam te poel in groot databasisse en dan hordes bymekaar te kry om ‘n spesifieke produk te koop. Die blote volumes wat genereer word veroorsaak dat die kopers se koopkrag die verkoopprys laer kan dwing. 

In die geval wen kopers en verkopers, want verkopers kan hulpbronne allokeer om ‘n produk goedkoper te lewer, terwyl kopers hulle produkte goedkoper kan koop. Goedkoop.co.za skep ‘n absolute wen-wen situasie.

Ons gaan in die toekoms produkte aanbied vir grootmaat aankoop, en dan sal jy deel van dit die koop-groep kan wees.

 

'n Praktiese Voorbeeld van hoe dit werk:

Byvoorbeeld: Ons kan sê ‘n duisend Goedkoop kliënte in Pretoria kry wat almal inskryf vir goedkoper karversekerings-pakket. Dan gaan ons na Outsurance toe en ons vra hulle om ons ‘n goedkoper quote te gee op kar versekering. 

Met so ‘n KOOPMAG wat almal op een slag wil koop, kan dit nie anders as om die oorhand te kry in die transaksie nie, en jy kry jou produk goedkoper.

Die verskil is dat jy nou voorstelle kan bring en dat ons dan met ‘n massa mense na die verskaffers to kan gaan en hulle vra om ons te bedien.

By ander afslag groepe gee die verskaffers hulle produkte uit op groot afslag, en dan kom kopers bymekaar om dit te koop. Meesal koop mens goed wat jy nie nodig het nie. En jy kry nie wat jy regtig wil hê nie.

Met die Goedkoop Beweging is dit anders. Ons gaan na die verskaffers toe en vra hulle om ons verlangde produk wat ons soek vir ons goedkoper te gee! 

En dan begin die ou beginsel van vraag en aanbod te werk in jou guns. Sodra ‘n vraag onstaan sal aanbiedings kom van regoor Suid Afrika! En DIT gaan jou die beste produkte teen die beste pryse besorg!

Skryf in op  die databasis hieronder en ons sal kontak met jou maak met goedkoop aanbiedings.

Jy kan ons kontak op die platform om jou voorstelle te maak oor die volgende produk wat ons goedkoper moet beding:

Jy kan byvoorbeeld vra vir goedkoper versekering goedkoper bande vir karre, goedkoper kos, klere, jagpakette, vakansies, vlugte, brille, dokters konsultasies, tuindienste, motorherstelwekdienste, skoonheids en salon dienste, ens ens ens. Wat jy ookal aan kan dink…. ons gaan dit goedkoper vir jou kan kry.

Wat ‘n boer ookal wil doen, DIT KAN HY DOEN. Want ‘n boer maak ‘n plan.

Ons sal mense in jou area saam met jou poel om jou die goedkoopste moontlike pryse te beding, en verskaffers nooi om goedkoper dienste aan jou te verskaf. Jy kan self ook verskaffers kry om jou gewenste produk aan te bied en dan kan ons kopers poel om saam jou te koop. 

Dis hier waar ons almal gaan saamwer en dit voordelig vir jou word om al jou vriende en kennisse van goedkoop.co.za te laat weet sodat almal deel kan word van ‘n omwenteling in Suid Afrika oor hoe ons besigheid doen.

Ons eerste Goedkoop Projek: Goedkoper Wildsvleis

Ons soek nou lede om ons Goedkoop Wildsvleis projek te ondersteun. 

Huidiglik sukkel ons wildsboere om inkomste te kry weens die verbod op jagte.

Ons weet dis nou winter tyd en dis hulle hoof inkomste tyd.

Weens die verliese wat hulle tans lei, het Goedkoop.co.za besluit om hulle te ondersteun in ons eerste Goedkoper Wildsvleis projek.

As jy goedkoop wildsvleis wil koop saam met ‘n duisend ander Afrikaanssprekendes en ons geliefde wildsboere wil ondersteun, teken dan NOU in op ons databasis sodat ons jou koopkrag kan voeg om hulle te help en om jou te help.

Vleis pryse laer as wat jy kan kry in Pick n Pay word tans verkry. 

Verwag GESONDER, VARSER en BETER vleis kwalitetit as wat jy by die Supermark kan koop!

‘n Spesiale prys gaan gevra word vir die eerste 200 kliënte, so moenie speel nie, registreer nou!

Deel Goedkoop.co.za met almal
Top